Tel Nommer: +27 21 988 1724 E-pos Adres: book.palms@gmail.com Straatadres: Plaas 17, Bottelary rd. N1, Brackenfell
Die Palms - Die Palms - Die Palms - Die Palms -

Die Palms Pub & Grill Welkom!

Die Palms Pub & Grill is 'n kuierplek vir die hele familie. Daar is oorgenoeg speelplek vir die jongspan in 'n omheinde speelpark met 'n groot graspek.

Hier kan die jonspan hulself vir ure vermaak terwyl ma en pa in die restaurant sit, sport kyk op die groot skerm, ontspan op die dek of onder die tent of die lapa sit en na top kunstenaars luister. Ons bied ook braai geriewe waar jy self kan kom braai met 'n verskeindenheid van braaipakke wat te koop is.

Ons restaurant bied 'n wye verskeidenheid kwaliteit disse aan teen baie bekostigbare pryse. 'n Kaggel in die middel van die restaurant sorg vir 'n heerlike warm atmosfeer gedurende die winter maande. Die Palms Pub & Grill is ideaal vir Verjaarsdae of Korporatiewe funksies en bied 'n verskeidenheid spysenierings opsies. Kontak ons gerus vir meer besonderhede en spyskaarte!

Alle belangrike sport gebeure word op die groot skerm uitgesaai en daar is nie 'n beter plek om samesyn en goeie gees te ervaar nie. Die Palms Pub & Grill is die plek waar jy wil wees... Waar vriende en familie saam kuier en waar nuwe vriende gemaak word.

Gesels saam op Twitter:

Die Palms Pub & Grill Nuus

There are currently no news items.
Die Palms -
Die Palms -